Jean Michel

Altus Theart, bekend vir sy rolle Fafa in Getroud Met Rugby, Killer in die fliek Bakgat en Henk in Kruispad, speel die rol van Bobby in hierdie skreeusnaakse eenman-komedie.

Nadat Bobby een aand vir sy verloofde gesê het hy het space nodig, het sy haar gewip en gewaai. Hy wag dat sy moet bel, want sy het gesê hy mag haar nie kontak nie, sy sal hóm bel wanneer die twee weke verby is; en dit is oor 80 minute...

Die gehoor neem saam met Bobby 'n emosionele reis deur die binnewerkinge van sy brein wanneer hy probeer uitvind wat dit is wat sy verloofde nou eintlik wil hê. In sy soeke na waar hy drooggemaak het, gryp hy desperaat na die raad van obskure mansfigure wat as rolmodelle almal 'n invloed op sy lewe gehad het en wat sy persepsie oor verhoudings en vroue help vorm het. Na 'n komiese dermkrappery is hy heelwat wyser. Hopelik is dit nie te laat nie...!

Vertaling en Regie deur: Elzette Maarschalk